Toerustings geleenthede in die Oorwinnaarsreeks
Oorwinnaars: Die stappe na vryheid in Christus
Die hoofdoel van die Oorwinnaarsnaweek is om jou te help om jou vryheid in Christus te verstaan, te (her)ontdek en opnuut te beleef (verwys na Joh. 8:31,32). Tydens die naweek word jy gehelp om verantwoordelikheid vir jou eie lewe en jou eie denkprosesse te aanvaar. Nege (9) areas in jou lewe word belig vanuit die waarheid van die Skrif: valse konsepte oor God, valse godsdienste teenoor die ware geloof, vrees, waarheid teenoor misleiding, onderdanigheid teenoor opstandigheid, nederigheid teenoor hoogmoed, vryheid teenoor slawerny, vergifnis teenoor bitterheid en negatiewe geestelike invloed van voorouers teenoor hulle seën.
Victory in Jesus Christ: Steps to freedom in Christ
Engelse weergawe van die Oorwinnaarsnaweek. The primary purpose of the Victory in Jesus Christ weekend is to help you to understand your freedom in Christ, to (re)-discover it and to experience it (refer to John 8:31, 32). During the weekend you will be helped and shown to take responsibility for your own life and thought processes. Nine (9) areas in your life are highlighted from the truth in Scripture: false concepts about God, falce religions, cults and movement against the true Christian belief, fear, the truth versus deception, submission versus rebellion, humility versus pride, freedom versus bondage, forgiveness versus bitterness, blessings versus negative spiritual influences stemming from our forefathers.
Oorwinnaars Dag vir Dag: Handhaaf jou vryheid in Christus
Hierdie studie word aanbeveel as ʼn hulpmiddel en nie vervanging van die Oorwinnaarsnaweek nie. Bywoning van die Oorwinnaarsnaweek word hoogstens aanbeveel. Die doel van die Bybelstudie is om dit wat jy tydens die Oorwinnaarsnaweek geleer en prakties toegepas het, vas te lê. Ons dien ʼn lewendige God wat aktief met jou ʼn verhouding wil hê. Doen wat in Sy Woord staan om vry te kom van die verlede sodat jy ʼn lewe in oorvloed kan leef, in en deur Jesus Christus (Joh. 10:10).
Victory in Jesus Day by Day: Maintain your freedom in Christ
Engelse weergawe van die Oorwinnaars dag vir dag. This study is recommended as an aid and not a replacement for the Victory in Jesus Christ weekend. Attendance of the Victory in Jesus Christ weekend is highly recommended. The purpose of this Bible study is to instil that which you have learnt and applied during the Victory in Jesus Christ weekend. We serve a living God who actively seeks a relationship with you. Obey His Word in order to free yourself from the past so that you may live a life of abundance in and through Jesus Christ (John 10:10).
Heilige Gees Bemagtigingsnaweek
Die Oorwinnaarsnaweek is ʼn voorvereiste. Die Heilige Gees Bemagtigingsnaweek is ʼn opvolggeleentheid waar kursusgangers meer leer van die Heilige Gees en sy werking. Die fokus is op die bedieningsgawes van die Gees wat gelys word in 1 Korintiërs 12 en 14. Paulus skryf in 1 Kor. 4 vers 20: “Die koninkryk van God is immers nie ‘n saak van praatjies nie, maar van krag.” Sonder die bemagtiging van die Heilige Gees met sy gawes, verval die kerk baie keer in praatjies, redenasies en strydvrae – sonder enige transformerende krag. Talle kere in die Bybel word die opdrag om uit te reik met die evangelie, gekombineer met die funksionering van die gawes van die Gees. Die kerk kan alleen die krag van die evangelie demonstreer as die Heilige Gees ons bemagtig met sy gawes. Geen wonder dat Paulus die gedeelte wat handel oor die gawes van die Gees, begin met die woorde: “Wat die gawes van die Gees betref, broers, wil ek hê dat julle ingelig moet wees.” (1 Kor. 12:1).
Victory in Jesus Christ: Gifts of the Spirit
Engelse weergawe van die Heilige Gees Bemagtigingsnaweek. The Victory in Jesus Christ weekend is a prerequisite. The Gifts of the Spirit weekend is a follow-up course where delegates learn more about the works and empowerment of the Holy Spirit. The focus is on the serving gifts of the Holy Spirit listed in 1 Corinthians 12 and 14. Paul writes in 1 Cor. 4 verse 20: “For the kingdom of God is not a matter of talk, but of power.” Without the empowerment of the Holy Spirit with his gifts, the church often falls into talk, reasoning, and quarrels – without any transformative power. Many times in the Bible, the command to reach out with the gospel is combined with the functioning of the gifts of the Spirit. The Church can only demonstrate the power of the gospel if the Holy Spirit empowers us with it’s gifts. No wonder Paul begins the section on the gifts of the Spirit with the words, “As for the gifts of the Spirit, brethren, I want you to be informed.” (1 Cor. 12: 1).
Oorwinnaars vir Huwelike: Die stappe na vryheid in jou huwelik
Die Oorwinnaarsnaweek is ʼn voorvereiste. Die hoofdoel van die Oorwinnaars vir Huwelike naweek is om paartjies te help om leuens en valse verwagtinge af te sny en die huwelikmaat te word wie God wil hê jy moet wees. Tydens die naweek word paartjies gehelp om saam die stappe te neem tot vryheid in hul huwelik.
Kultuur van Seëning
Die Oorwinnaarsnaweek is ʼn voorvereiste. Die Kultuur van Seëning is ʼn toerustingsgeleentheid om die beginsel te vestig dat God jou wil seën sodat jy ook ʼn seëning kan wees deur sy doel met jou lewe te bereik. “Ek sal jou seën en jou ʼn man van groot betekenis maak, en jy moet tot ʼn seën wees.” (Gen. 12:2).
Oorwinnaars vir Kinders
Na al die lewensveranderde getuienisse vir die Oorwinnaarsnaweek, het die behoefte spoedig ontstaan om ook kinders te lei om hulle identiteit in Christus te vind. Die Oorwinnaars vir Kinders kan gebruik word as ‘n naweek seminaar of as ‘n kategese program vir gemeentes. Die groep waarop gefokus is, is Gr. 4 tot 7.
Heilige Gees Bemagtiging vir Kinders
Oorwinnaars vir Kinders is ʼn voorvereiste. Ons het beleef hoe die Heilige Gees die Heilige Gees Bemagtigingsmateriaal gebruik om volwasse gelowiges te bemagtig tot bediening met sy gawes. Nou is die materiaal verwerk sodat dit vir kinders aangebied kan word. Dink maar net aan die vrug en gevolge as hierdie jong geslag geleer en bemagtig word deur die Heilige Gees met sy gawes. Daar is nie ‘n “junior” en “senior” Heilige Gees nie. Dit is dieselfde Heilige Gees in kinders en in volwassenes! Die Heilige Gees Bemagtiging vir Kinders kan gebruik word as ‘n naweek seminaar of as ‘n kategese program vir gemeentes. Die groep waarop gefokus is, is Gr 4 tot 7.
Oorwinnaars vir Finansies
Hierdie kursus word in Afrikaans en Engels aangebied. Die hoofdoel van die Oorwinnaars vir Finansies kursus is om jou vry te maak van die laste van finansies en om die waarheid van God se wil vir jou finansies te ken en te verstaan. Die naweek bestaan uit leringe en praktiese sessies. Jy sal op die volgende gebiede in gehelp word: jou verhouding met God, mammon/afgodediens, integriteit, eerlikheid, tevredenheid ens., begrotings, skuld, teruggee aan God, hoe jy kan spaar, finansies binne die gesin, hoe om ‘n goeie sakepersoon te wees, ens.
Victory in Jesus Christ: Finances
Die Engelse weergawe van Oorwinnaars vir Finansies. This course is presented in English and Afrikaans. The primary purpose of the Victory over your Fianaces weekend, is to set you free from the burdances of finances and to learn the truth of God’s will for your finances. The weekend consist of teachings and practical sessions. You will be assisted in these areas in your life: Your relationship with God, mammon/idolatary, integrity, honesty, contentment etc., budgets, debt, giving back to God, how to save on your expenses, finances within the family, how to be a good business person etc.
Droom Kursus
Ons lees in die Ou Testament dat God dikwels by wyse van drome boodskappe aan sy kinders oorgedra het. In Hand. 2:17-18 kry ons die bevestiging dat Hy dit vandag steeds doen. Kom leer meer hiervan uit God se woord wat ons lei.
Toerusting in die gawe van profesie
In wording.
Toerusting in bevryding
In wording.