‘n Dissipelskap-strategie tot vryheid en oorwinning in Christus

Gegrond op Jes. 61:1-3, 10-11 en Kol. 2:6-10

Om mense hulle identiteit in Christus te laat ontdek omdat Christus hulle vrygemaak het om werklik in oorwinning te kan lewe tot eer van God!

Lidmate word gelei tot genesing en bevryding onder die salwing van die Heilige Gees sodra hulle identiteit gevestig word in Christus. Om dit prakties te implementeer, word ‘n Dissipelskap strategie (na aanleiding van Kol. 2:6-10 se 3 vlakke van dissipelskap, vgl. ook 1 Joh. 2:12-14 ) in die gemeente gevolg:

  • Vlak 1 dissipelskap (Kol. 2:10, vgl. ook Joh. 15:5, 6)
    • Vestiging van jou identiteit in Christus deur die Oorwinnaarsnaweek, Oorwinnaars dag vir dag: Handhaaf jou Vryheid in Christus en deur die Heilige Gees Bemagtigingsnaweek en L-10-T (Kursusse word ook in Engels aangebied).
  • Vlak 2 dissipelskap (Kol. 2:7)
    • Opgroei in Christus deur lidmate te leer om hul identiteit in Christus uit te leef in verhoudings: Kultuur van Seëning, Oorwinnaars vir Huwelike, Oorwinnaars vir Kinders, Heilige Gees Bemagtiging vir Kinders, Oorwinnaars vir Finansies, Oorwinnaars Fasiliteringsopleiding, Droom Kursus, Toerusting in die gawe van profesie en Toerusting in bevryding (in wording) (Finansies en Fasiliteringsopleiding word ook in Engels aangebied).
  • Vlak 3 dissipelskap (Kol. 2:6)
    • Wandel in Christus deurdat lidmate uitgaan en met die gawes van die Gees dissipels van Jesus maak. Lidmate vervul ook al hoe meer ‘n leidende rol in selgroepe en in die gemeente. Hulle gebruik hulle gawes in die selgroep en is betrokke in ‘n diensgroep van die gemeente.