Die volgende konflikte moet aangespreek word:
Vlak 1 dissipelskap (Kol. 2:10)
Vestiging van volkome
identiteit in Christus
Die eerste doel van dissipelskap is om ‘n persoon se identiteit in Christus te vestig. Dit behels die volgende:
- Geestelik: saligheid of sekerheid oor saligheid ontbreek – lei mense na Christus en begelei hulle deur relevante Skrifgedeeltes tot sekerheid van hulle saligheid.
- Verstandelik: denke is nog verduister – begelei mense tot ‘n ware kennis van God en wie hulle is in Christus. Leer hulle om God se weë te kan identifiseer.
- Emosioneel: vrees gedrewe – verander vrees vir mense en die dood as mense se basiese dryfveer in hulle lewens na die vrees van God as dryfveer.
- Wil: in rebellie teen God – help mense om die maniere te sien waarop hulle nog steeds God probeer speel en ook op watter maniere hulle in rebellie is teen God se outoriteit.
- Verhoudings: worstel met verwerping – breek mense se verdedigingsmeganismes teen verwerping af deur hulle te aanvaar. Wys mense dat jy hulle aanvaar deur aan hulle te gee wat hulle nodig het en nie wat hulle verdien nie (genade).
Vlak 2 dissipelskap (Kol. 2:7)
Groei tot volwassenheid om
meer soos Jesus te wees
Die tweede doel van dissipelskap is om God se doel van heiligmaking te aanvaar en te groei om meer soos Christus te wees. Dit beteken:
- Verstandelik: begelei Christene om hulle denke te dissiplineer om God se waarheid in Christus te glo.
- Geestelik: help hulle om te leer hoe om te wandel volgens die Gees en deur geloof.
- Emosioneel: help hulle om ontslae te raak van die emosionele wipplank deur hulle gedagtes te fokus op God in plaas van op hulle omstandighede.
- Wil: bemoedig ‘n vlak 2 dissipel om selfbeheersing aan te leer.
- Verhoudings: daag hulle uit om persoonlike probleme op te los deur ander te vergewe en vergifnis te soek.
Vlak 3 dissipelskap (Kol. 2:6)
Wandel in Christus
Die derde vlak van dissipelskap gaan nie oor wat ek behoort te doen om te wandel in Christus nie, maar oor wat ek behoort te wees om te wandel in Christus. Dit behels die volgende:
- Geestelik: dit is belangrik om sensitief te wees vir die leiding van die Heilige Gees as ons suksesvol wil wandel in Christus. Geestelike onderskeidingsvermoë is die eerste lyn van verdediging in geestelike oorlogvoering.
- Verstandelik: ‘n volwasse dissipel in Jesus sal altyd erken – hoe meer hy God leer ken, hoe meer afhanklik raak hy van God. Hoe meer besef hy hoe nodig hy God het.
- Emosioneel: ‘n volwasse gelowige leer om in alle omstandighede vergenoeg/tevrede te wees (Fil. 4:11). Gelowiges op vlak 3 dissipelskap het daarom voortdurend ‘n behoefte aan bemoediging.
- Wil: suksesvolle wandel in Christus hang nou af van die dissiplinering van jou wil. Die gedissiplineerde persoon is ‘n Geesvervulde persoon wat daarna streef om al sy behoeftes in Christus te bevredig.
- Verhoudings: ‘n volwasse gelowige lewe nie meer vir hom- of haarself nie, maar vir ander.
Opmerkings
Traumatiese ervarings kan jou weer laat worstel met krisisse van vlak 1, 2 en 3 dissipelskap. Dissipelskap is om mense te lei om te verstaan en te juig oor wat Christus alreeds vir hulle gedoen het. Hulle word dan gehelp om te word wat hulle alreeds is in Hom.